Automatiese ratkas het lawaai gemaak en toe het 'n Mechanic gesê dat ons Prolong moet ingooi. Die motor het toe daarna begin om uit te sny sodra dit warm geword het. Ons het dadelik die olie getap en ek het met 'n man in JHBG gepraat wat al Renault se gearboxes doen. Hy het gesê dat ek Castrol Transmax M moet ingooi vir tydelik omdat die Renault olie so duur is. Ons het dit gedoen, maar motor het nog steeds uitgesny. Dit wys gewoonlik 'n teken wat soos dwars weerlig lyk en sny dan dadelik daarna uit. Die ratte het heeltyd mooi oorgesit. Nou wil my kar glad nie eens meer in rat kom nie. My man het gesê dat die Flywheel los is. Ek woon in Harrismith en niemand hier kan my help nie en dit kos R4000 om dit met Lowbed na JHBG te vat
Annemarie de Winnaar
February 2010